| |
Kragbron se projekte |
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
Skattejag |
|
| |
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
| |
| |
Vyf spanne van twee deelnemers elk word gekeur om leidrade te ontrafel en die helikopter na verskillende dorpe in die luistergebied te stuur om hulle pryse te vind. Hennie van Rensburg staan die deelnemers in die ateljee by terwyl Morne Geyser en Michael Jordaan hulle oë en ore in die Radio Kragbron Skattejag-helikopter is. Op die dag kan luisteraars vanaf 09:00 tot 16:30 inskakel op 93.1FM om in al die aksie te deel en te hoor hoe die helikopter in Witbank en omgewing land om na die skatte te soek.
Die Radio Kragbron skattejag helikopter het gedurende 2008 by die volgende punte geland op Saterdag 8 Desember – Lake Umuzi in Secunda, Forever Resorts Loskopdam, Devoetpadkloof, Highveld Mall, Witbank en Super Servings Meat Boutique in Klipfontein, Witbank. Die kompetisie was ‘n groot sukses wat luisteraars voor hulle radio vasgenael laat sit het. In Secunda was Oubaas van 7de Laan (Pierre van Pletzen) ook deel van die aksie toe hy gehelp het om een van die leidrade namens die deelnemers te ontsyfer.
Duisende mense het vanaf Vrydag 7 Desember tot Saterdag 8 Desember na Radio Kragbron se ateljee by die Greenpointsentrum in Witbank gestroom om in al die naweek se pret te deel. Vrydagaand het Mpumalanga se Polisieorkes opgetree en die personeel het die lagspiere geprikkel met ‘n verskeidenheidskonsert. Saterdagaand (na afloop van die dag se skattejagkompetisie) het die span van Maak-‘n’-Las die luisteraars vermaak. Op die verhoog was die Stasiebestuurder, Hennie Smit, legendariese radioman en golfkommentator, Advokaat Willem van Drimmelen, Jaap Meyer (alias Jonas van die plaas), Charles Claasen (vervaardiger van Maak-‘n-Las en ook die bekende televisieman en aanbieder, Zak du Plessis. Dusty Dixon en Lourens Smits het die gehoor laat skaterlag met hulle nabootsings van onderskeidelik Thys die Bosveldklong en ook Robbie Wessels.
|
|
| |
| |
 |
|
 |
|
| |
Morne gee ‘n leidraad deur aan die deelnemers in die ateljee. |
|
Morne saam met Pierre van Pletzen (Oubaas van 7de Laan) in Secunda. |
|
| |
| |
 |
|
 |
|
| |
Morne en Michael was die span wat in die helikopter gevlieg het. Hulle het leidrade vanaf all die dorpe gevolg opsoek na die deelnemers se pryse. |
|
Die Radio Kragbron Skattejag helikopter. | |
| |
|
|
|
|
|