| |
Kragbron se diens |
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
Opleidingsakademie |
|
| |
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
| |
| |
Die uitsaaiwese is ‘n dinamiese, polsende bedryf wat opwindende geleentheid bied aan talentvolle mense met die regte eienskappe, ingesteldheid en vaardighede – by die mikrofoon, die mengbank en in die nuuskantoor.
Waar dit vroeër beperk was tot ‘n uitgelese groep op nasionale en kommersiële radio, het die koms van gemeenskapsradio die deur geopen vir talle aspirerende omroepers, klanktegnici en joernaliste, veral omdat gemeenskapsradiostasies vanweë hul beperkte bronne nie professionele uitsaaiers kon bekostig nie.
Uitsaai verg egter benewens sekere eienskappe ook bepaalde vaardighede om aan professionele standaarde te voldoen ten einde ‘n produk te lewer wat nie net aan die luisteraars nie, maar ook adverteerders se behoeftes en vereistes sal voldoen. Die probleem was dat die meerderheid van die nuwelinge in die bedryf nie oor die nodige ervaring, opleiding en kundigheid beskik het nie.
Reeds gevestigde gemeenskapstasies soos Radio Lichtenburg (nou Ligvaal Stereo) en Radio Laeveld het egter besef dat hul uitsaaiers nie aan die standaarde voldoen nie en het Radio Kragbron, wat hom toe reeds gevestig het as ‘n stasie wat aandag trek vanweë sy professionaliteit, versoek om hul uitsaai-personeel op te lei. Radio Kragbron se bestuurder, Hennie Smit, het die behoefte aan professionele opleiding vir radiopersoneel raakgesien en dit het gelei tot die totstandkoming van Radio Kragbron se Opleidingsakademie vir Voornemende Omroepers, Aanbiedingsassistente en Radiojoernaliste op 1 April 2007.
Johann Britz wat uit die staanspoor betrokke was by die opleiding is aangestel as Prinsipaal van die Akademie. Sedertdien is kursusse maandeliks aangebied en het tientalle uitsaaiers en aspirant-uitsaaiers die kursusse voltooi. Dit sluit in aanbieders en bestuurslede van gemeenskapstasies van Lydenburg en Thabazimbi, asook verskeie kommunikasie-offisiere van die SAPD en openbare figure wat hulle aanbiedingsvaardighede wou opskerp.
|
|
| |
|
|
|
|
|
|